Tumgik
#Mag julle 'n geseënde dag verder hê❤❤
Text
Tumblr media
Gebed:
Vader, wanneer ek bang is, sal ek my vertroue in U plaas. Ek sal op U staatmaak, ongeag wat my pad kruis, want U is my bron van krag en veiligheid. U lei my en veg vir my. Wanneer ek tot U nader, het ek niks te vrees nie, want ek weet U is in beheer — en U is al wat ek nodig het. Vandag wil ek dus doelbewus kies om U te vertrou. In die Naam van Jesus. Amen.
(YouVersion Bybel app)
0 notes
Text
Tumblr media
Gebed:
Vader, dankie dat U my geskep het as deel van u familie. Ek is so dankbaar vir die mense in my lewe wat my bemoedig het. Ek bid dat ek 'n bemoediging vir ander kan wees. Help my om bewus te wees van diegene om my wat moedeloos is. Wys my maniere om u liefde aan ander te versprei. In die Naam van Jesus. Amen.
(YouVersion Bybel app)
0 notes
Text
Tumblr media
Gebed:
Vader, ek kan rustig slaap omdat U vir my en my toekoms sorg. Vandag vertrou ek my bekommernisse aan U toe. Gee vir my vredevolle rus sodat ek vol vreugde kan opstaan en alles doen wat U my geroep het om te doen. In die Naam van Jesus. Amen.
(YouVersion Bible app)
0 notes
Text
Tumblr media
Gebed:
Vader, bly asseblief die fokus van my daaglikse lewe. Maak u teenwoordigheid aan my bekend. Trek my nader aan U sodat ek U beter kan leer ken. Ek wil U al die dae van my lewe opsoek. In die Naam van Jesus. Amen.
(YouVersion Bybel app)
0 notes
Text
Tumblr media
Gebed:
Vader, ek begeer om my lewe vir U te leef. Ek het u hulp nodig om deur die dag waaksaam te bly. Help my om bewus te wees van die dinge waaraan U wil hê ek moet aandag gee. Gee my die moed om in geloof op te tree wanneer U my vra. Help my om te onderskei wat heilig is, sodat ek U kan behaag in alles wat ek doen. In die Naam van Jesus. Amen.
(Van YouVersion Bybel app)
0 notes
Text
Tumblr media
Gebed:
Vader, dankie vir u getrouheid aan my, selfs wanneer ek aan U ontrou is. Dankie vir u teenwoordigheid in my lewe. U los my nooit om my probleme alleen te hanteer nie. Ek weet dat U sal aanhou om my te beskerm en te versterk terwyl ek voortgaan om my hoop en vertroue op U te plaas. Alle eer behoort aan U! In die Naam van Jesus. Amen.
0 notes
Text
Tumblr media
Gebed:
Vader, ek loof U dat U 'n veilige toevlugsoord is. U is die goeie herder, en ek kan altyd veiligheid in u arms vind. Mense mag my verlaat, maar U sal my nooit verlaat nie. Dankie vir daardie belofte! Vandag soek ek rus en herstel in u teenwoordigheid. In die Naam van Jesus. Amen.
0 notes
Text
Tumblr media
Gebed:
Vader, sonder U kan ek niks doen nie. Vergewe my as ek op my eie probeer. Ek het U elke dag nodig. Ek het u wysheid en leiding in my lewe nodig. Maak my geestelike gewoontes sterker. Help my om in U te bly, en snoei enige nadelige vrug wat ek mag dra. In die Naam van Jesus. Amen.
0 notes
Text
Tumblr media
Gebed:
Jesus, dankie dat U so baie vir u mense omgee. U is die goeie herder — dankie dat U ons beskerm, liefhet en altyd in ons behoeftes voorsien. Ons het U lief Here, en ons is dankbaar om onder u waaksame sorg te wees. In die Naam van Jesus. Amen.
0 notes
Text
Watch "Oordenking 31 Mei 2023" on YouTube
youtube
(NG Kerk Alberton-wes)
0 notes
Text
Watch "Oordenking 18 Mei 2023" on YouTube
youtube
(NG Kerk Alberton-wes)
0 notes
Text
Tumblr media
Gebed:
Vader, dankie dat U die Heilige Gees vir my gegee het. Te danke aan u Gees, is ek nooit ver van U af nie. Dankie daarvoor! Lei my asseblief vandag. Wys my wat u wil is en gee my dan die krag om te doen wat U behaag. Bring my lewe in pas met u wil deur die krag van u Gees. Verander my heeltemal. In die Naam van Jesus. Amen.
Om die will vanGod te verstaan moet jy:
Op 'n daaglikse basis met Hom praat oor alles.
Leer deur om die Woord van die Here te lees en bestudeer.
Verwyder enige afleidings, moenie fokus opjou vrese nie en luister na die Heilige Gees.
En kry raad en wysheid by mense wie al baie verderof langer in hulle rys met die Here is.
(Alles hier is van die YouVersion Bybel app, ek plaas dit hier want muskien kan dit iemand help?)
0 notes
Text
Tumblr media
Gebed:
Vader, dankie dat U u Seun gestuur het sodat ek barmhartigheid en genade kan ervaar eerder as 'n veroordelende vonnis. Dankie dat U my verlede uitvee. Help my asseblief om myself te sien soos U my sien: as heel, geliefd en afgesonder tot u verheerliking. Vorm die manier waarop ek dink en trek my nader aan U. In die Naam van Jesus. Amen.
(YouVersion Bybel app)
0 notes
Text
Tumblr media
Gebed:
Vader, ek bely dat ek nie altyd die mens is wat U my geskep het om te wees nie. Ek laat soms na om U met my hele hart, siel en verstand lief te hê. Ek het nie altyd my naaste lief soos U hulle liefhet nie. Vergewe my asseblief, Vader. Herskep my hart en vernuwe my gedagtes sodat ek nader aan U kan kom. In die Naam van Jesus. Amen.
(YouVersion Bybel app)
0 notes
Text
Tumblr media
Gebed:
Jesus, dankie dat U my onvoorwaardelik liefhet. Dankie dat U aarde toe gekom het om ons te red. Ek wil U liefhê soos U my liefhet. Ek weet dit is nie maklik nie. Ek weet dit gaan my iets kos. Ek wil hê U moet eerste in my lewe wees. Wys my dus asseblief hoe om my hart te bewaak, en leer my hoe om meer soos U te word. Amen.
(YouVersion Bybel app)
0 notes
Text
Tumblr media
Gebed:
Dankie Vader dat U gekies het om my te vergewe. Ek verdien nie u vergifnis nie, maar ek weet U is goed en liefdevol. Ek wil soos U wees en omdat U my vergewe het, wil ek ander vergewe. Help my om elke dag u gawe van vergifnis te onthou en om my woede te laat vaar teenoor ander wat my verontreg het. In die Naam van Jesus. Amen.
(YouVersion Bybel app)
1 note · View note