Tumgik
digkuns-blog · 12 years
Text
Stap saam my
Stap saam my
  soet op die horison vér
stap ons saam
Jou oë soos pérels
  hand aan hand
hart aan hart
  stap saam met my
in die toekoms
lief-
ʼn toekoms wit en swart mooi-
wees weer jonk,
skaam om te
soen-
  sing vir my iets
die lied van jou hart
ek wil saamsing
  diep-blou
die see. Jou oë soos pêrels.
  soos reën
op die horison ver
stap ons saam
  hand aan hand
hart aan hart
1 note · View note
digkuns-blog · 12 years
Text
mooi donker
mooi donker
(ʼn gedig aan: L)
  fluister fluister
roep ek ná die skémer
bo koekeloer die maan
wat lê daar ver
steek die donker dalk iets weg
  waarna soek die maan?
weet hy dan nie tyd.
staan nie stil nie.
  luister na die kriekies
hoor die paddatjies roep
              wat sê hulle:
  ‘vroeg is te laat en
laat raak te vroeg’
  helder jou rëenboog in die aand
die mooiste donker
rooskleurig asof jy bloos
sku,
  shuut…
  moet nie nou al gaan slaap nie
maak jou oë toe liefling, dit is al laat
3 notes · View notes
digkuns-blog · 12 years
Text
Bitterbessie Dagbreek - Ingrid Jonker (1933-1965)
Bitterbessie dagbreek
  Bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
‘n spieël het gebreek
tussen my en hom
  Soek ek na die grootpad
om daarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af
  Dennebos herinnering
dennebos vergeet
het ek ook verdwaal
trap ek in my leed
  papegaai-bont eggo
kierang kierang my
totdat ek bedroë
weer die koggel kry
  Eggo is geen antwoord
antwoord hy alom
bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
  Rook en oker (1963)
1 note · View note
digkuns-blog · 12 years
Photo
Tumblr media
Ingrid Jonker (1933 - 1965)
18 notes · View notes